our palaeolandscape

the place where modern man originated

 The Gouritz Cluster Biosphere Reserve is a centre of immense historical significance. Based on recent and ongoing research, the southern Cape coast is believed to be the place where the lineage that led to all modern human beings was born. The caves at Pinnacle Point near Mossel Bay have yielded proof of the earliest human exploitation of shellfish 164,000 years ago, and the earliest known use of fire for technology in making stone tools 72,000 years ago. Archaeologists believe that the use of this technology shows that the early people in the southern Cape were capable of complex language. Heat technology was previously thought to have evolved in Europe 25,000 years ago. Another first is the earliest known human use of ochre in Stone Age rock paintings. The Pinnacle Point caves contain the oldest engraved ochre ever found, a manifestation of abstract thought and the earliest evidence of art. The hunter-gatherer San were direct descendents of these aboriginal people, and examples of their symbolic artwork can be found in caves throughout the area.

Entrance to one of the caves at Pinnacle Point (Photo: Peter Nilssen)

the Palaeo-Agulhas Plain near Mossel Bay ca 60 000 years ago

Palaeoscape by Maggie Newman

A visualization of the Palaeo-Agulhas Plain off Mossel Bay some 60 000 years ago during a moderate cold phase (glacial).

In the distant background is the ridgeline of the current coastline some 30 km away, and the snow-capped Outeniqua Mountains. The vast and monotonous plain is drained by a languid, meandering Gouritz River which has formed extensive wetlands behind the barrier of coastal dunes. The plain is underlain by fertile soils which support a dense and productive grassland which is home to large herds of grazing mammals. These include several extinct forms such as longhorn buffalo, eland, giant Cape zebra, giant hartebeest and bluebuck, as well as the springbok, waterbuck, zebra and other plains game still found roaming the African tropical grasslands today. The midground shows a group of modern humans at a campsite on a sandy, limestone ridge beneath a large white milkwood tree. On the left, children are collecting fire wood from the dune thicket and protea veld, while two men return from a hunt with bluebuck (centre), and two young women are offloading their harvest of intertidal shellfish. In the foreground, young women are decorating their faces with ochre, prepared using a grinding stone and stored in a perlemoen shell. Nearby, a girl is making a necklace of shells. The women on the right, backed by the huge horn of the longhorn buffalo, are preparing to cook the corms of geophytes collected in the surrounding veld. By contemporary Cape standards, this was a highly productive landscape yielding large amounts of protein, fat and carbohydrate for human consumption. However, harvesting these resources would have required advanced cognitive skills. Thus the technology used by these people was very advanced, comprising for example, small blades fashioned from cores of heat-treated silcrete rock that were used as spear tips.

 Palaeoscape painting by Maggie Newman

die stilbaai saga

 ‘n Fynbos en Argeologie Inligtingsentrum vir Stilbaai: Uitbeelding van die Stilbaai Saga

Stilbaai is die middelpunt van verskeie internasionale ondersoeke na die voorgeskiedenis van Homo sapiens, die moderne mens. Hierdie voorgeskiedenis, wat die loodskomitee ‘Die Stilbaai Saga’ gedoop het, het betrekking op die oorlewing en ontwikkeling van die modern mens gedurende ‘n vernietigende ystydperk (van so 200 000 jaar gelede) en daarna.

Verskeie gelukkige omstandighede, juis in hierdie omgewing, sou kon ingespeel het op hierdie gebeure:

  • Die warm seestroom langs ons ooskus verseker ‘n gematigde klimaat, ook tydens ystydperke;
  • Fynbos het baie eetbare bolle, knolle en wortels – ‘n bron van koolhidrate. Bogrondse vrugte en bessies van fynbos is ‘n addisionele bron van vitamines;
  • Die dierelewe wat in fynbos voorkom, saam met die skulpkos van ons kus, verseker dat proteiene ewe beskikbaar is.

Lees meer hieroor in die verslag.

Blombos oker & Stilbaai-punt (bo); rotskuns in Hessequa area (onder)

Fees uit die veld

 “My oupa het altyd gesê as hongersnood kom en jy ken nie veldkos nie, gaan jy nie oorleef nie.”

So sê Leana Daniels van Gouritsrivier,  wat saam met haar buurvrou Elizabeth Neethling vir Susan Botha help navorsing doen oor die veldkos- en medisyne wat hul voorgeslagte se karige bestaansmiddele op die vlaktes tussen die Outeniquaberge en die Indiese Oseaan aangevul het.

Susan Botha is besig met haar doktorale studie in paleo-antropologie aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth.

As deel van haar navorsing ondersoek sy die potensiaal van eetbare veldkos in die Suid-Kaap en sedert sy in Augustus 2015 soek sy met die hulp van plaaslike inwoners wat aan moedersknie van veldkos- en medisyne geleer het, bruikbare  plante tussen Mosselbaai en Stilbaai.

Harvesting  food from the veld (Photo: Tisha Steyn)

Inheemse veldkennis

Sedert sy begin het met die navorsing het sowat 55 lede van plaaslike gemeenskappe van Gouritsrivier en nabygeleë Melkhoutsfontein haar gehelp om veldkos op te spoor in sewe veldtipes wat hier voorkom.

Dié Donderdagoggend soek Elizabeth en Leana na bergpatat en baroe, twee bolplante wat in die renosterveld in die omgewing van PetroSA buite Mosselbaai groei. Die vroue  weet presies waarna hulle soek: ’n dun stingeltjie waaraan oorblyfsels van blommetjies sit wys waar baroe se bolle onder die sanderige grond sit. Bergpatat se blaartjies lyk “wollerig” en die bolle (bulbs) is meer knollerig (tubers) en het baie wortels, verduidelik Susan.

Die vroue  grawe die knolle behendig uit met stokke wat hulle in die veld opgetel het en gooi dit in ’n plastieksak. “Hulle hou nie van die groustokke (digging sticks) wat die oorspronklike versamelaars van veldkos gebruik het nie,” verduidelik Susan, wat graag die inligting wat sy so versamel so outentiek wil hou as wat moontlik is.

Na ’n halfuur gaan sit die vroue by Susan op die gras en tel hulle tel hoeveel van elke tipe bol hulle uitgegrawe het, Susan skryf alles in potlood in haar swart boekie op en dan weeg sy die sakke se inhoud: altesaam 1.5 kg vir die eerste halfuur. “Die doel is om vas te stel hoeveel veldkos binne ’n halfuur in ’n spesifieke gebied versamel kan word,” verduidelik Susan.

“Mens eet die baroe sommer rou as jy honger of dors is,” vertel Elizabeth. Ek vat ’n hap en dit proe eintlik na niks, al lyk die vlees soos dié van ’n radys, maar sonder die byt. Mens kry ook nie die vesels opgekou nie, nes papkuilstingels, sou ek later uitvind.

Hier is ook noem-noempies, taaibosbessies, bitoubessies – “swart vettetjies, lekker soet, waarvan mens die dop en sousies eet en die pitjies uitspoeg”, en knikkers – ’n ronde bessie “wat ons pannekoek noem as dit oopbars”, verduidelik die vroue. “Jakkalstol ook, wat mens eet as dit geel is: as dit groen is, is dit bitter en dit maak jou mond grasgroen.”

Los iets vir môre

Die volgende versamelplek is by Indalu, ‘n privaat natuurrerservaat langs die grondpad na Cooper en Buisdorp. Hier moes renosterbos op die gelyktes plek maak vir landerye, maar teen die heuwels het tog nog ruigteveld (Albany Thicket) behoue gebly.

Op die ruwe terrein is die soektog na baroe en bergpatat heelwat moeiliker want die kleiner bolle groei tussen klippe. ’n Stuk knol wat afbreek of uit die versamelsak val, word net daar gelos. “Die bolle loop weer uit en so bly daar altyd kos in die veld agter,” verduidelik Susan. Volhoubare benutting.

Die vroue soek tussen die gwarrie, noem-noem, rosyntjiebos en aalwyne nog eetbare plante, maar daar is min – ’n handvol bessies, enkele peule wat aan ’n boerboonboom oorgebly het.

Hulle weier botweg om in gannaveld teen ’n heuwel anderkant ’n leegte met ’n dam te gaan kossoek. “Dit sal nie help nie,” verduidelik hulle. “Die diere het alles opgevreet.”

Buitendien is hulle doodbang vir die verskeie soorte grootwild wat hier wei en Susan val in by hul besluit. Dit is immers paleo-antropologiese navorsing van die veldkos én die mense wat dit hier versamel het.

Kinders ken nie ‘n dokter nie

En wie beter as die twee vroue – wat voordat hulle skool toe is, reeds saam met die oumense kos en medisyne in die veld gaan soek het? Elizabeth, wat by haar pa en Ma Hendrik en Eveline Neethling op ’n plaas by Albertinia van veldkos geleer het, en Leana wat saam met haar oupa Pieter Hess dikwels veld-in is om kos te versamel. “My oupa het altyd gesê as hongersnood kom en jy ken nie veldkos nie, gaan jy nie oorleef nie.”

Vandag nog maak hulle veldkos bymekaar waar hulle kan om ’n maaltyd aan te vul. “Vanaand kook ek stampmielies en boontjies en gooi die goed by wat ons vandag bykemaar maak,” vertel Elizabeth.

“My kinders ken nie ’n dokter nie, ek dokter hulle self gesond,” sê Leana.

Voëlvlei is volgende aan die beurt. Aan die bokant van die vlei waad pienk flaminke in die brakkerige water, maar ons is op pad laer af, waar die vlei oopmaak duskant die rantjies voordat dit in ’n stroom deur die kranse see toe kronkel.

Veldvriende

Die bont beeste wat hier wei word eenkant toe gewuif, want dis eers tyd vir middagete. Roy Ashton en Jess Tyrrell van Kaapstad, wat die week saam met Susan in die veld is om ook by haar en die vroue van inheemse veldkos- en medisyne te leer, hou saam met Susan piekniek op die kortgras in die koelte van die bakkie. Roy het ’n lewendige belangstelling in alles en het ’n verstommende algemene kennis; Jess stel belang in wilde plante waarvan sy medisyne kan maak. 

In Kaapstad werk Roy met volwasse professionele mense wat nodig het om weer in in die natuur hulself te ontdek, terugneem natuur toe.

Jess vat jong volwassenes uit alle bevolkingsgroepe ná matriek die veld in sodat hulle eers met hulself kan kennis maak voordat hulle hulself in die grootmenswêreld verloor. “Die wildernis is ’n groot gelykmaker,” sê Jess. “Soos wat hulle deur die berge stap besef hulle hul hoef nie erens in ’n nis te pas nie, hulle mag en kan net hulself wees.”

Roy grou en pluk en proe self, Jess maak plante bymekaar wat sy in salwe en aftreksels vir medisyne kan gebruik. Sy self maak dikwels veldkos bymekaar waar sy woon.

Na die verposing word papkuil langs ’n stroom gesny. Soutkomkommer proe pure sout en groei met hul voete in die soutwater waar die vlei se soetwater nie uitkom nie.

Hier pluk die vroue ook bakbossies en Susan leer nog iets by hulle: die bakbossie word gekook en sere word met die water afgespoel; warm blarepap op die maag speel klaar met maagpyn. . .

Loontjie uit ‘n boontjie

Dan gaan soek die vroue veral na boerbone in die rantjie. Hulle kom met bultende sakke terug: altesaam 1.1 kg in die halfuur bymekaargemaak, uitgedop 0.32 kg.

Dis ’n hele gedoente om by die eetbare happie van die boerboon uit te kom. Eers moet die sade uit die houtagtige breë peul gebreek word, dan moet die taai membraan rondom die pit eers versigtig – en met ’n gesukkel – afgetrek word, want dit maak die pit bitter.

“Die vroue bak die sade in die as en dan pop die pit sommer maklik uit, maar ek kon dit nog nie regkry nie,” sê Susan, terwyl sy die taai membraan met ’n mes afskil.

Dan verder om na peule en gom in die plaat soetdorings in die rivierbedding te gaan soek. Dit is al te laat in die seisoen, die bome sluimer en stoot nie gom nie en die peule is almal hard en droog.

Dis al skemer toe Susan die vroue in Gouritsmond aflaai en hulle hul dagloon betaal. “As die mense vra sê ons ons doen navorsing,” sê Elizabeth. En met die navorsing verdien hulle meer as plaasarbeidersloon. “Ons het nooit gedink ons kennis van veldkos kan vir ons ’n inkomste laat kry nie,” sê hulle.

Veldfees

Op Stilbaai brand die vure en is die tafel gedek in Christina en Gerrit Mars se interessante huis. Christina, wat van Switserse afkoms is, het Gerrit ontmoet toe albei in Londen gewerk het. Hulle het 16 jaar gelede hier kom woon waar Christina van inheemse plante geleer het.

Christina het heeldag voorberei aan die veldkos wat Susan se vroue deur die week bymekaargemaak het en wat sy hier kom afgee het. 

Op die tafel is die veldfees uitgepak: tee van veldkruie, soutslaai en soutkomkommer wat ’n heerlike happie saam met die springbok carpaccio maak wat Christina voorsit.

“Die watsonia-bolletjies was ’n uitdaging,” vertel Christina. Na die eerste paar uur se kook het die tanien nog jou mond op ’n tuit getrek. Uiteindelik lyk die eindresultaat na gedroogde appelkose, maar jy moet wragtag honger wees voordat dit vir jou gaan lekker wees.

Gerrit se springbok oor die kole gebraai smaak vorentoe met die verskillende veldkruie wat Christina fyn opgekap het.

Bakermat van intelligente mens

“Mens moet onthou dat daar ’n duidelike rolverdeling tussen die mans – die jagters – en die vroue en kinders – die versamelaars was,” vertel Jan de Vynck, wat saam met sy broer Hans aansit by die tafel.

Terwyl die mans op die jag was, het die vroue veldkos en vleiskos soos skilpaaie en voëleiers wat hulle raakgeloop het versamel, vertel Jan.

Hulle het ook minder ontwikkelde smaaksintuie en meer robuuste spysverteringstelsel gehad – hulle had nie tamatiesous en woestersous nie en ván die kos wat hulle kon eet, sal ’n moderne mens in ‘n intensiewe sorgeenheid laat beland. . .

Jan het vir sy meestergraad heelwat navorsing oor veldkos gedoen, maar fokus nou meer op die kos wat uit die see kom.

Hy en Susan se navorsing is geïnspireer deur dr Curtis Marean se navorsing by die Pinnacle Point-grotte wat daarop kan dui dat die Suid-Kaap die bakermat van die intelligente mens is. Hulle kon uit die see proteïen en uit die veld koolhidrate put vir ’n heel skaflike dieet wat hulle sou kon help om op die Agulhasplein te bestaan. Susan en Jan se navorsing sal dus Marean se aannames kan steun.

Susan se navorsing is daarop gerig om te bewys dat mense 170 000 tot 19 000 jaar gelede op die Agulhasplein sou kon oorleef. “Ons moet kyk wat hier is sodat  ons kan weet  wat om te bewaar.”

Wie weet hoe?

Sy gee graag erkenning aan die vroue wat haar help veldkos versamel. Sy is ook dank verskuldig aan boere en grondbestuurders wat hul ongeskonde veld in haar studiegebied tot haar beskikking stel.

En as daar iemand is wat ’n resep het wat verduidelik hoe ’n mens brood van watsonia-bolletjies kan bak, kan hulle haar gerus laat weet by 082 601 3559 of susan.botha@gmail.com.

Tisha Steyn

Oudtshoorn

follow us

Information

GCBR Newsletter


Twitter