Voorlopige bevindings van ’n navorsingsprojek oor die ekologie van jakkalse, rooikatte en bobbejane op kleinveeplase in die Karoo is onlangs met belanghebbendes in die Klein-Karoo gedeel.
Die projek word deur twee Franse nagraadse studente, Marine Drouilly en dr. Marion Tafani, behartig.
Drouilly fokus die afgelope drie jaar op die ekologie van jakkalse en rooikatte, en Tafani die afgelope jaar op dié van bobbejane. Die doel is om dié drie roofdierspesies se impak op kleinvee op plase in ’n gebied van sowat 200 000 ha in die Koup in die Sentraal-Karoo te bepaal. Drouilly gebruik CapeNature se Anysberg-natuurreservaat as ’n kontrolegebied.
’n Aanbieding oor die voorlopige bevindings van die Karoo-roofdierprojek is onlangs op die Gouritz-biosfeerreservaat (Gouritz Cluster Biosphere Reserve – GCBR) se algemene jaarvergadering op die Oudtshoorn-proefplaas gedoen.
Die navorsers werk onder die toesig van prof. Justin O’Rian, ’n gedragsekoloog verbonde aan die Universiteit van Kaapstad.
Lees die volledige artikel deur Tisha Steyn wat in ‘Landbou Burger’ op 16 Junie 2017 gepubliseer is.
Boere in die Karoo het bobbejane, naas jakkalse en rooikatte, as die derde belangrikste dier wat skade veroorsaak geïdentifiseer.
(Foto: Navorsingsprojek).