Inheems 2024: Aandag alle Hessequa-tieners (ouderdomme 13-19)!

May 20, 2024 | General News

Het jy geweet dat as jy jouself in enige plek in die Hessequa munisipale distrik bevind, jy in ‘n UNESCO Biosfeerreservaat is? Meer spesifiek, jy is in die Gouritz Cluster Biosphere Reserve (GCBR), ‘n plek van groot biodiversiteitsbetekenis vir die planeet.

Om ons streek se ongelooflike natuurwonders sowel as ons kulturele erfenis te vier, nooi ons alle tieners (13-19 jaar oud) uit wat in Hessequa woon of skoolgaan, om te kom spog met jou wonderlike talent en groot pryse te wen by die GCBR Inheems 2024 kunskompetisie!

Daar is R20 000 kontant pryse op die spel, en jou kunswerk kan op die GCBR-handelsmerk klerereeks vir die natuur vertoon word! Dit is jou kans om die natuur- en kultuurwonders van ons streek te vier, alles terwyl jy jouself kan geniet deur kreatiewe uitdrukking.

Hoe om deel te neem:

  1. Skep ‘n skildery of tekening geïnspireer deur ons inheemse wonders.
  2. Kry ‘n inskrywingsvorm by jou plaaslike Hessequa Biblioteek of laai dit hier af: Inskrywingsvorm
  3. Handig jou kunswerk en inskrywingsvorm teen 2 Augustus 2024 by jou plaaslike Hessequa-biblioteek in.

Alle kunswerkvoorlegging sal deur ‘n onafhanklike paneel kundiges in die volgende kategorieë beoordeel word:

Die Kunstenaar – Tegniese vaardigheidsbemeestering

Die Opkomende Ster – Rou talent en potensiaal

Die Kreatiewe – Kreatiwiteitsontploffing

Die Botanie Illustreerder- Akkurate uitbeelding van plante

Die Storieverteller – Storievertelling deur kuns

Die Ekspressionis – Suiwer emosionele uitdrukking

Pryse vir elke kategorie:

1ste plek: R1 000

2de plek: R700

3de plek: R500

Daar sal ook 6 x Meriete Toekennings wees wat saam met ‘n R300 kontantprys kom.

Daar sal net een tienerkunstenaar wees wat die titel van “Die Ontwerper” sal wen. Hulle sal ‘n allemintige R5 000 ontvang en hul kunswerk sal ingesluit word in die GCBR-handelsmerk klerereeks.

Alle kunswerke wat die Inheems-tema weerspieël en ons natuurlike en kulturele erfenis vier, sal op 23 en 24 Augustus 2024 tydens ‘n 2-dag kunsuitstalling by die Riversdal Burgersentrum uitgestal word.

Stel jou kreatiwiteit vry en kom wees deel van iets besonders!

Kyk na verlede jaar se geleentheid: Inheems 2023

INHEEMS: TIENER KUNS-KOMPETISIE 2023 WENNERS

Teken

Inheems Art exhibition

1ste plek: Bailey Lotterie; 2de plek: Zanél Meyer and 3de plek: Marni Nothnagel.

Meriete toekennings: Georgina Thornley, Monica Ferrer & Marinda Koen.

Verf

Art exhibition hessequa

1ste plek: Bea Badenhorst; 2de plek Cara Serfontein; 3de plek: Emilie Lotterie.

Meriete toekennings: Hilè du Plessis; Robyn Minnie & Rivkah van der Merwe.

Fotografie

Art competition hessequa

1ste plek: Johannes Nothnagel; 2de plek: Mia Du Plessis; 3de plek: Jodie Basson.

Meriete toekennings: Asheequa Booysen; Lee-Ann Beukes & JJ Pfaff.

Grafiese Ontwerp

Art competition hessequa

1ste plek: Monica Ferrer; 2de plek: Reine Du Plessis; 3de plek: Jadewin Heradien.

Recent Posts

Post Categories

Archives