Jou Wattle (Blackwortel) boom

Sep 13, 2022 | Stories

Kabous Poem

Gedig geskryf deur: Kabous Albertyn

Watter boom spesie het ons hier
vir die plaasboere geen plesier
die boere wil hê hy moet af
maar mens, die wattle is baie taf
ons as werkers moet hom saag
boere beskou dit as ‘n plaag

Rita gee ons ‘n lekker taak
om bloekom en wattle af te maak
mense gebruik wattle om te braai
dan ruik jy net vleis om die draai
by korentrivierdam het ons spanne die wattle uitgeroei
daar het dit vinnig beginne groei
water in die dorp het stadig beginne loop
die wattle het dit gesuip soos stroop
vinnig het die spanne plan gemaak om boomspesie te stop
nou kan die dorpsmense weer lekker galop

dis moeilik om somtyds by die bome uit te kom
deur riviere en klowe moet jy om
braambosse steek jou laat jy bloei
ons werk maar hard sodat die water lekker vloei
giftige slange kry jy ook in die bos
jy kan nie doodmaak en moet hulle maar los
vir ons mense is dit lekker om in die natuur te werk
dit verbreed jou kennis en maak jou sterk
met herbicide word die braambos en wattle gespuit
vir die plaasboer moet die indringer plant net uit

Kabous works for the Gouritz Resilient Rivers Project.

Kabous Albertyn Poem

Recent Posts

Post Categories

Archives