Spanbou sessie

Sep 16, 2022 | Stories

Kabous Poem

Gedig geskryf deur: Kabous Albertyn

Watter lekker dag het ons ervaar
ongelukkig was dit te gou vir ons klaar
spanbou het ons gehou
die mense het amper vergeet om te “kou”
sprekers het gepraat en ervaring gedeel
dit was lekker en niemand was verveel


Calitzdorp se span het gepraat oor die spekboom
en sy omgewing
nou weet ons ook hoe werk die spekboom se
oorlewing, spaghetti is gemaak om brúe mee te bou
groepe moes dink, want die brug moes hou
uit die 9 groepe het 3 groepe pryse gewen
dit was fun en oor die kennis wat ons ken
oud en jonk het ook iets gekry
jy kon sien dit maak hulle harte bly
sonder om ‘n antwoord te ken
het hulle darem iets gewen


Spanne voel om meer na mekaar uit te reik en te leer
hulle was so entoesiasties, selfs ‘n storm sal hulle nie keer
deel van die sessie was om ook vriende te maak
dit was vir Rita en die groter korps ‘n belangrike saak
kom ons vat nie te lank om weer so iets te hou
ek dink dit sal ons karakter eienskappe en kennis verder bou
by die spanbou was daar lekker pret en ok gelag
mense ek kan nie wag vir nog n spanbou dag

Kabous works for the Gouritz Resilient Rivers Project.

Recent Posts

Post Categories

Archives